Quantcast
Cor van Gogh: Dutch draughtsperson and soldier (1867 - 1900) | Biography, Facts, Information, Career, Wiki, Life
peoplepill id: cor-van-gogh
CVG
1 views today
1 views this week
Cor van Gogh
Dutch draughtsperson and soldier

Cor van Gogh

Cor van Gogh
The basics

Quick Facts

Intro Dutch draughtsperson and soldier
Was Drawer Soldier Draftsperson
From Netherlands
Field Arts Engineering Military
Gender male
Birth 17 May 1867, Zundert, Netherlands
Death 14 April 1900, Brandfort, South Africa (aged 32 years)
Star sign Taurus
Family
Father: Theodorus van Gogh
Siblings: Wil van GoghTheo van Gogh (art dealer)Vincent van GoghElisabeth van Gogh
The details (from wikipedia)

Biography

Cornelis Vincent (Cor) van Gogh (* 17 Mei 1867, Zundert - † 14 April 1900, Brandfort) was ’n Nederlandse immigrant na Suid-Afrika, kunstenaar en Boerekryger tydens die Tweede Vryheidsoorlog.

Jeug

Van Gogh, jongste broer van die bekende skilder Vincent het in ’n pastorie in Zundert grootgeword. In 1871 het hy saam met sy ouers en suster Wilhelmina (die ander kinders was reeds volwasse) na Etten verhuis waarheen sy vader beroep is. Hy het daar skoolgegaan.

Immigrasie en werk

In 1889 het hy op 22-jarige ouderdom uit Nederland na die Zuid-Afrikaansche Republiek geïmmigreer as deel van ’n klein groep immigrante wat ’n beter toekoms in Afrika gesoek het. Nadat hy aanvanklik naby Germiston op ’n myn gewerk het, het hy by die NZASM aangesluit waar hy as tekenaar gewerk het.

Oorlog en afsterwe

Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog het hy aan die kant van die Boere geveg en is in Maart 1900 deur die Britse magte gevangene geneem. As krygsgevangene het hy baie siek geword en is hy oorgeplaas na ’n militêre hospitaal by Brandfort in die Oranje-Vrystaat waar hy op 14 April 1900 gesterf het. Die Transvaalse afdeling van die Rooi Kruis het verklaar dat hy homself per ongeluk geskiet het maar daar word gemeen dat hy soos sy beroemde broer selfmoord gepleeg het.

Toneelstuk en film

In 2006 is ’n Afrikaanse toneelstuk in die Gentse Teater, Tinnenpot, onder regie van Daleen Krige ’n toneelstuk opgevoer onder die titel Moe Nie Huil nie, moe nie treur nie. In die rolprent Vincent & Theo word die rol van Cor vertolk deur die akteur Jim de Groot.

Verwysings

  1. Henie Heydenrych en Abrie Swiegers, Discover Pretoria, J.B. van Schaik, Pretoria, Suid-Afrika, 1999, p66
The contents of this page are sourced from Wikipedia article on 24 Apr 2020. The contents are available under the CC BY-SA 4.0 license.
Search trend
comments so far.
Comments
From our partners
Sponsored
Sections Cor van Gogh

arrow-left arrow-right instagram whatsapp myspace quora soundcloud spotify tumblr vk website youtube pandora tunein iheart itunes